Die Rots:
‘n trotse lid van Die MOS Inisiatief se
netwerk van skole.
By Die MOS Inisiatief streef ons daarna om uitsonderlike opvoedkundige geleenthede te bied wat elke kind se volle potensiaal ontsluit. Ons is toegewyd aan die bevordering van ‘n liefde vir leer deur ‘n veilige, ondersteunende en stimulerende omgewing te skep.
Ons skole, insluitend Die Rots, deel ‘n gesamentlike visie van akademiese uitnemendheid, karakterontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid.
Sluit aan by ons in hierdie opwindende reis en ontdek hoe ons elke leerder toerus om sukses te behaal.
Nog skole in Die MOS Inisiatief netwerk

Emmanuel Kindersentrum
Constantiapark
By Emmanuel Kindersentrum is ons nie net ‘n dagsorg of ‘n naskool nie; ons is ‘n gemeenskap waar jou kind veilig, geliefd, en aangemoedig sal voel om hul potensiaal te verken.

Abra-Kedabra Créche
Belville
Vir meer as 34 jaar bied Abra-Kedabra Crèche gehalte sorg en opvoeding vir kinders van 3 maande tot 6 jaar oud. Ons gekwalifiseerde opvoeders het jare se ondervinding en skep ‘n omgewing waar elke kind kan floreer.

Kosmos Akademie
Kosmos Akademie, die nuutste toevoeging tot Mpumalanga se onderwyslandskap, beloof om ‘n baken van Afrikaanse onderwys te wees. Ons skool is gebou op die grondslag van akademiese uitnemendheid en die algehele ontwikkeling van elke leerder, gereed om die toekoms met selfvertroue aan te pak.

Futurum Akademie
Jan Kempdorp/Vaalharts
Futurum Akademie het sy deure amptelik in Januarie 2017 oopgemaak. Grade strek van Gr.R tot Gr 12.

Vuurvliegie Akademie
Beaufort-Wes
Vuurvliegie Akademie bied hoë kwaliteit onderrig, met ‘n kreatiewe aanslag aan. Ons kinders word individueel benader. Dit is vir ons belangrik om elkeen se interne begeerte om te leer aan te wakker, sodat hulle in `n onseker toekoms sal floreer.

Karos Akademie
Beaufort-Wes
‘n Droom om Karoo-kinders die kwaliteit onderrig te bied wat kinders in die groot stede geniet – uit die gerief en sekuriteit van hul ouerhuis.

Mos Wêreldwyd
Aanlyn-Tuisskool
https://www.moswereldwyd.co.za/
Ons wêreldklas-onderrig help jou kind om te floreer. Die bekostigbare aanlyn-tuisskool wat jou kind toerus vir die toekoms.

Knikkie Knakkie
Wonderboom, Pretoria
Ons is lief vir en passievol oor kinders en skep `n kindgerigte omgewing van hoë kwaliteit waar kinders veilig is, geborge voel en hulself gate uit geniet.

Kleinhoewe Kleuterskool
Proteapark, Rustenburg
Welkom by Kleinhoewe Kleuterskool – die plaasskool in die stadsgewoel waar jou kind in vars lug deur ons leer-deur-speel-kultuur sal floreer! Goeie waardes is vir ons netso belangrik as vir ons ouers en daarom is Kleinhoewe ‘n verlenging van die ouerhuis waar elke kind met liefde, deernis en begrip versorg word.

Linden Akademie
Linden, Johannesburg
In die hart van Linden klop Linden Akademie se hart al vir 15 jaar warm vir kleuters. Hier word kleuters se harte nie net gehoor nie maar ook verstaan.

Hartland Akademie
Hartenbos
Hartland Akademie is ‘n voorskool en laerskool en ons beplan om in 2025 te open met graad RRRR (2 jariges) tot met graad 3 om te groei tot en met graad 7 in die jare wat volg.